top of page

Vol van genade en waarheid!


Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid.


John 1:14 En die Woord (Christus) het vlees geword (menslik, vlees) en kom woon (Sy vaste tent van vlees, net 'n rukkie) onder ons; en ons [uiteindelik] sy heerlikheid gesien (Sy eer, Sy heerlikheid), 'n heerlikheid soos van'n eniggeborene van sy vader, vol genade (guns, goedertierenheid) en waarheid.

Waarheid sonder genade is die Wet – stenig


  1. Joh 8:1-11: Vrou met owerspel betrap, Sy genade bring ons na die waarheid toe.

  2. Mark 5:25-29: Vrou met bloedvloeiing. Feit sy was siek maar die waarheid sê: deur Sy wonde is ons genees. Waarheid het haar genees

  3. Mat 7:24-29: Huis Rots. Huis Sand. Bou op waarheid en jy sal lewe al het jy gesterwe


Waarheid sonder genade is wreed. Dit is die wet. Wet maak dood wat verkeerd gedoen het. Jesus is die waarheid met genade. Vol van genade. Hy gee lewe en lewe met oorvloed.

Was dit nie vir Jesus nie, was ons almal net `n hoop kilppe, maar sy genade het ons gered van die dood en die oordeel van God. Hy staan in die middel van ons en Sy Vader om ons genade te gee.

Dankie Jesus vir U genade en daarom wil ek in waarheid wandel. Dankie vir U Heilige Gees wat ons in waarheid help wandel.


Comments


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page