top of page

Dit is tyd dat die Christene weer dissipels van Jesus word!


Hand 11:26 En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.


Joodse seun 13 Jaar oud is moet Hy `n besluit maak ek gaan `n Rabbie word of saam met my Familiebesigheid.

Hy gaan dan na 'n Rabbie om met Hom `n onderhoud te voer en te hoor of die Rabbie hom sal aanvaar. As die Rabbie hom aanvaar moet Hy sy Familie Vader en Moeder verlaat en by die Rabbie intrek om saam met hom te gaan waar hy gaan. Hy verloon sy ouers en ouerhuis en neem die Rabbie as sy leermeester aan. Hy word dus `n dissipel van die Rabbie.


Jesus sê:

Mar 8:34 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Mar 8:35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

Mar 8:36 Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Mar 8:37 Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

Mar 8:38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.


Bybel sê:

Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Jesus het dit moontlik gemaak dat elkeen wat na Hom toe kom gered sal word. Die voorwaarde is dat ons Jesus moet volg. Hy wil nie van ons kerkgangers maak nie maar mense wat deur Sy Gees gely kan word om Sy Koninkryk te bevorder.


Pasop dat ons nie werke van `n denominasie sien as werke van Jesus nie. Ons verval so maklik in vleeslike werke en vergeet dat Jesus ons geroep het om geestelike werk in mense se lewens te doen. Laat toe dat Jesus jou lewe verander met die waarheid van die Woord dat ons geestelike offers aan Jesus kan bring. Ons moet volgelinge van Jesus wees en nie van mense nie. Christene vandag is baie maal ‘n naam van `n groep mense wat hulle eie idees en voorkeure het i.p.v. dat ons Jesus volg en so deel van Sy Koninkryk is.


Jesus praat met die Laodicea gemeente:

Open 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:

Open 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

Open 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Open 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

Open 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.

Open 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Open 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Open 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Open 3:22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.


Ons is duur gekoop deur die bloed van Jesus, kom ons wy ons lewens aan hom. Kom ons leer Hom beter ken en maak tyd om met Hom te spandeer sodat ons Sy stem in ons lewens kan hoor.


Paulus skryf vir die Filippense:

Fil 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,


Tyd dat die Christene weer dissipels van Jesus word. Nie dissipels van mense en denominasies nie. Jesus is ons alles. Kom laat ons lewende stene in Sy koninkryk word om Hom te volg en nie mense nie. Die kerk van vandag is dood omdat Jesus nie meer gevolg word nie. Hulle maak hulle eie weg en wil dan hê Jesus moet met hulle saamwerk. Nee, Kom ons volg Jesus en ons sal lewe en die wonderwerke in ons lewens ervaar.

Hy is `n jaloerse God en soek ons hele hart!


Comments


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page