top of page

Geopende deur!


Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.


Hoe weet ons wat 2016 inhou. Ons weet nie. Wat ons wel weet is dat Jesus vir ons n geopende deur gegee het en NIEMAND kan dit sluit nie. So maak nie saak wat gebeur in 2016 die deur is oop en ons het die reg om enigetyd daar in te gaan. So ons kan in enige toestand hulp kry want die deur is oop.


Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid.


Laat ons in waarheid wandel dan sal genade ons agtervolg soos ons skaduwee. Hiedie jaar is die jaar om waarheid in ons lewens te kry. Waarheid maak ons vry van alle ongeregtigheid as ons dit net toepas in ons lewens.

Weet dat in 2016 en vorentoe, ons het 'n geopende deur en waarheid mag deur die deur gaan na die troon van God.



Comments


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page