top of page

Koninkryk van God is binne-in julle.


Luk 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

Rom 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

1 Kor 4:20 want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Eks 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

HAT - Ek is in die nou! (Ek is. Werkwoord) Gaan jy ek sal werk! Gesegde vorm van wees.

Kol 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

Kol 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

Eff 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

Eff 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

1Pe 2:10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

Jesus praat met Sy dissipels (Los by hulle `n begrip)

Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Joh 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

Joh 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Joh 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

1Ko 2:3 Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;

1Ko 2:4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,

1Ko 2:5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

Land gebeur: Geestelike opwekking in ons land kom soos nog nooit gesien nie!!


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page