top of page

"Sing a little louder"?


Begin diens met uitreksel uit die film “sing a little louder” van die vervolgde kerk. Dit is ‘n ware verhaal wat afspeel in Natzi-Duitsland. ‘n Jong seun is in 'n kerkdiens en buite stop een van die Natzi goedere treine gelaai met Joode wat na die konsentrasie kampe geneem word om doodgemaak te word.

Hulle roep om hulp, maar die die pastoor laat net die lidmate in die kerk harder sing, sodat hulle nie die geroep van die mens kan hoor nie.



Johannes 14:1-15


As Jesus in vers 12 praat van “werk” beteken dit die volgende in die oorsponklike Grieks.


“Works” εργον ergon er’-gon

from a primary (but obsolete) ergo (to work); TDNT-2:635,251; n n

AV-work 152, deed 22, doing 1, labour 1; 176

1) business, employment, that which any one is occupied

1a) that which one undertakes to do, enterprise, undertaking

2) any product whatever, anything accomplished by hand, art, industry, or mind

3) an act, deed, thing done: the idea of working is emphasised.


Jesus wil hê, ons moet soos Hy lewe en alles en nog meer doen as wat Hy gedoen het. Dit moet ‘n lewenswyse wees.


Hier is ‘n lys van ‘n paar dinge wat Jesus gedoen het:


1. Dit sluit in Wonderwerke, maar ook minder populêre dinge soos –

2. Deurnag gebed.

3. Self-verloëning

4. Vas tye.

5. Om sondaars lief te hê.

6. Om ‘n vermoë te besit om oomlik vir oomlik – afhanklik van Vader te wees.

7. Om jou lewe neer te lê vir ander.


Ons werke kan ons nie red nie, maar Jesus gee opdrag om werke soos HY te hê.


Matt 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik."


Ons sing baie keer hard in ons lewe om nie die hulpgeroep van mens om on te hoor nie. Baie keer te bang om betrokke te raak.


Ons moet daders van die Woord wees. Sing jy soms so hard, sodat jy nie die hulpgeroep van ander om jou kan hoor nie?


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page