top of page

My gedagtes(planne) oor julle is gedagtes van vrede en ń hoopvolle toekoms!


Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Jer 29:11 For I know the plans and thoughts that I have for you,' says the LORD, 'plans for peace and well-being and not for disaster to give you a future and a hope.


Kry by die Here wat ons wil hê, deur geloof:


Daarom sê die Jeremia hoopvolle toekoms. Baie gedagtes, baie saad.


Mat 13:27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?


In ons kom plant die Here iets. Gedagte van hoop. Saad van geloof. Die Here se saad wat in ons harte geplant word is die goeie dinge.


Jas 1:16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

Jas 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.


Een van grootste probleem in boerdery is onkruid. Miljarde rande word spandeer om onkruid te bestry. Niemand plant dit nie dit kom vanself op. Dit is net daar.

Mark 4:1-20

Ons het ń hoopvolle toekoms van die Here af. Wat laat ons toe in ons lewens.

Waarheid in ons lewens toelaat is daar ń hoopvolle toekoms.


Joh 4:23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.


Getuig

  • Toe ek alles verloor het God iets beters vir my in stoor gehad. Ek kon dit nie sien nie. In my binneste het ek die saad gehad wat God daar geplant het. Ek wil jou in my diens gebruik. Het so onmoontlik gelyk maar Het dit geglo en begin gebruik en oefen.

Ons verstaan nie altyd nie, tog – diep in ons is die saad geplant deur God. Kom ons laat dit in ons lewens groei en nie die saad van twyfel en vrees nie. Kom ons laat toe dat die volle potensiaal van God se grootheid in ons lewens manifesteer.


Onkruid:

  1. Nie goed genoeg nie - Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

  2. Gaan misluk - Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

  3. Nie slim genoeg nie - Jas 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

  4. Wat gaan die mense sê - Mar 8:38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele. Rom 1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

  5. Gaan alles verloor - Mar 8:36 Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Rom 1:17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.



Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page