top of page

Laat jou werke aan die Here oor!


Daar is baie skrifte in die nuwe testament wat ons aanmoedig om nie in die verlede te leef nie, maar om ons uit te strek na die toekoms.


Dit is baie belangrik dat ons nie hoef vasgevang te wees in die verlede nie, maar dit is ook belangrik om terug te kyk na waar ons vandaan gekom het. Om te onthou waaruit Christus Jesus ons gered het.


Teken vir jouself ‘n lewenslyn. Bv., jou geboortedag, hoe jy groot geword het en belangrike gebeurtenisse wat gebeur het met jou.


Teken ‘n kruis waar jy ‘n oorgawe aan Christus gemaak het en ook waar jy gedoop is. Vergelyk nou jou lewe sonder en met Christus.


Lees Jesaja 46:3-13:

3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

4 en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.

5 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?

6 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid, en hy maak daar ’n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.

7 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.

8 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!

9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;

10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

11 wat ’n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit ’n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.

12 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!

13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.


Baie dae voel dit vir ons of ons nie juis groei nie, maar as ons terug kyk saam met Christus kan ons sien hoe ons saam met Hom gegroei het. Ons moet dink daaraan dat Hy God is en dat daar geen ander soos Hy is nie.


Ek sal nooit vergeet hoe dat ek een keer op ‘n vliegtuig tussen Doha na Rome was. Ons was in ‘n heftige storm en mens het net probeer slaap. Ek het langs ‘n Boeddhistiese monnik gesit, na ‘n tyd vra hy my uit die bloute of ek ‘n volgeling van Jesus is. Ek antwoord toe ja. Hy sê toe hy kan dit sien, want daar skyn lig uit my. Ek weet hoeveel dinge ek al verkeerd gedoen het en dat ek nie foutloos is nie.


Ek vra hom toe of hy al die Bybel gelees het? Hy antoord toe ja. Ek wou toe weet watter gedeelte in die Bybel vir hom die meeste geraak het? Hy antwoord, dat die verlore seun vir hom die meeste getref het. Ek vra hom toe of hy besef dat Christus van Hom daar praat.


Toe ons land in Rome kom hy na my en vra of ek nie by hul tempel in Rome met al die studente wou kom praat nie. Ek sou so graag wou, maar ek het toe ‘n aansluitingsvlug na Bosnië en moes gaan.


Ek glo dat die saad wat in sy hart gesaai is hom sal laat dink aan wat Christus gedoen het vir ons, sodat ons nie hoef te sterf nie.


Dit het my laat besef dat ons as gelowiges nie besef hoe Christus in ons is en met watter krag Hy deur ons wil werk nie. Ons het sy krag in ons om Hom te dien en dan om ander te dien.


As ons in Hom is en Hy in ons kan ons net vorentoe kyk met ‘n hoopvolle toekoms.

Spreuke16:3 Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.



Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page