top of page

Christus wat my krag gee!


Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Ons het 'n teëstander:

Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Die duiwel is ‘n hater van die mens: en veral die kinders van die Here

Duiwel is gestroop van al sy mag.

Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,

Kol 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoonstel en daardeur oor hulle getriomfeer het, op die kruis Ontwapen, gestroop, “He made a public example of them”

Col 2:15 When He had disarmed the rulers and authorities [those supernatural forces of evil operating against us], He made a public example of them [exhibiting them as captives in His triumphal procession], having triumphed over them through the cross.

Die duiwel is ontwapen, gestroop en daar is bewys gelewer dat hy oorwin is, deur die kruisdood van Jesus en Sy opstanding uit die dode.

Mat 27:51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

Mat 27:52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.

Mat 27:53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.

Hoekom loop dinge verkeerd by my?

Ons laat hom toe! Ons laat dat vleeslike begeertes ons verlok.

Jas 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Hoe weerstaan ek hom?

Los die vleeslike begeertes

1Joh 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

1Joh 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

1Joh 2:17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Hy is slim? Kom met mooi dinge

Verleier, gebruik die vlees, steek mense aanmekaar, begin argumente, ek is beter as daai een, skinder en kwaadpraat, Onbeskofte skepsel, Hy is alles wat sleg en lelik is, Hardekwas, Parmantig

Ly aan kortmannetjie sindroom – probeer bewys wie hy is, Wil jou daar intrek

Mense anders gedink

  1. 12 Verspieders – Num 13:27 negatief Reuse. 30 Kaleb kom van dieselfde plek af. 32 Berig in Die Burger. Num 14:24 Here van Kaleb

  2. Daniel – Dan 6:22-29

  3. Sadrag, Mesag en Abednego – Uitspraak van Manne Dan 3:16 , Resultate Dan 3:27-30

  4. Paulus en Silas – Han 16:25-26. 1Kor 10:9-13


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page