top of page

LIG EN LEWE

Lig.png

Ons is een liggaam in Christus!


Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan die wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word. Heb 13:3 Afr 1983

Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het. Heb Afr 1953

Ons is een liggaam in Christus as een van die lede van die liggaam swaar kry, kry ons almal saam. Dit ‘n soos Christus oor ons voel, maar ons word so as individue grootgemaak. Alles moet net oor onsself draai, gesondheid, finansies ens., selfs my persoonlike verhouding met God.

Ons sukkel om te deel, wat nog te sê om swaar te kry saam met ander. Meet dit net aan jou gebede, hoeveel van jou gebede is gefokus op jouself?

Nou, is die vraag hoeveel bid jy vir die vervolgde gelowiges reg oor die wêreld? Verlede jaar was van die bloedigste jare ooit vir volgelinge van Jesus regoor die wêreld. Gelowiges is gemartel, mishandel en vermoor op ‘n skaal soos nooit tevore nie.

Besoek gerus die volgende webtuistes:

Voice of the Martyrs

Open doors

Teken in op hul nuusbriewe en begin bid. Ons broers en susters het ons gebede nodig. Ons bly dit skuldig aan hulle.

As jy ‘n kleingroep leier is, kan jy inteken op hul webtuiste om gebedsversoeke te ontvang.

Let net op hoeveel lande daar is in Afrika waar daar intense vervolging is. Dit is op ons voorstoep.

Ons word geroep om gelykvormig te wees aan die beeld van Christus, maar die vyand verlei ons en besoedel ons gedagtes om gelyk vormrig te word aan die wêreld.

Die vyand wil hê dat ons moet dink soos die wêreld en nie meer omgee dat mense verlore gaan nie. Ons moet toelaat dat Heilige Gees ons gedagtes verander soos Hy dit wil hê, soos Christus. Dit bly ons keuse, of ons soos Christus wil wees of nie!

Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders. Romeine 8:29

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Romeine 12:2

Ons moet voortdurend bid vir ons broers en susters in Christus wat mishandel en gedood word vir hul geloof in Jesus Christus. Bid ook of jy nie betrokke raak om hulle te ondersteun deur miskien vir hulle te gaan besoek nie.

Vader, help ons om te dink en te handel soos U. Herinner ons deur U gees om te bid vir ons broers en susters in Christus wat vervolg word vir hul geloof. Dankie dat U vir hul lief is en hulle ondersteun en hul geloof opbou. AMEN


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page