top of page

Wedergeboorte begin met die volgende stappe!


Wedergeboorte begin met die volgende stappe:

1. Bely

2. Glo

3. Doop in water

4. Doop in met Heilige Gees.

Deur die water doop (doop van gelowiges), maak klaar met ons verlede en maak ons onsself skoon en leeg.

Die volgende doop is om vervul te word met Heilige Gees. – Jesus waarsku dat ons nie moet leeg wees nie.

Die twee dope – die een handel met die verlede en die ander met die toekoms. Om diensbaar te wees.

Soos in die verlede moet ek sterf opstaan in die nuwe lewe. Ons moet met dieselfde krag gevul word wat Jesus uit die dood opgewek het.

Daar is nie een keer in die nuwe testament waar gelowiges vervul is met Heilige Gees sonder dat hulle dit geweet het nie. Ook het almal wat by hulle betrokke was dit geweet.

Ons kan nie Jesus ontvang nie, ons ontvang die Gees. Ons kan glo in Christus Jesus.

Bely, word gedoop en ontvang Heilige Gees.

  • As iemand nie die Gees van God het nie, is hy nie ‘n kind van God nie.

  • Die Gees van God is die seël op alles.

  • God gee nie Sy Gees aan die wêreld nie, maar aan gelowiges.

Jy kan glo sonder om die Gees te ontvang. Paulus vra in handelinge of hulle die Gees ontvang nie. Handelinge 19:1-6

Samaria – Handelinge 8:3-17 Hoe het hulle geweet dat hulle nie die Gees ontvang het nie? Hulle het bely, het geglo is gedoop en was vol vreugde.

Niemand het ooit in die Bybel Heilige Gees ontvang gedurende die doop nie, altyd voor of daarna.

Jesus het nadat Hy uit die water opgekom het, het die Gees op Hom gekom soos ‘n duif. Matt 3:13-17.

Bid is een van die dinge wat geassosieer word met die ontvangs van Heilige Gees. Ons moet vra daarvoor.

1. Bely

2. Glo

3. Doop in water

4. Doop in met Heilige Gees.

Hoe weet ons dat iets vol is? As dit oorloop weet ons. As ons hart vol is van Jesus se Gees sal ons wese oorloop van Hom.

Romeine 8:15 Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Spontane geestelike spreek is teken dat jy vervul is, maar dit is nie die enigste nie.

Lukas: 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Hande oplê, is so belangrik en ons doen dit te min. Ons moet begin bid vir gelowiges wat nog nie die doping met Heilige Gees ontvang het nie.

Handelinge 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”

Ons het doping in Heilige Gees nodig om krag te hê om te getuig – regoor die wêreld, selfs in lande waar die evangelie nie verkondig mag word nie.


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page