top of page

LIG EN LEWE

Lig.png

Ons moet die wapens van die lig aangord!


Ek kom op ‘n plaas by boer, sy fokus is om sy werk op te pas, vir sy oudag te spaar en sy beste te gee.

Die Romeinse gemeente is nie uit grond gestig nie.

Gelowiges uit ander dele van wêreld het daar kom werk

Jode en Grieke ens. Almal verskillende agtergronde, in een gemeente

Nag ver gevorder - (“ignorance” and “crime,”) Rome was in 'n toestand van werkloosheid en misdaad.

Ons moet die wapens van die lig aangord:

Waarheid – Eerlikheid met jouself. Is jy gereed? Het jy die Here gehoorsaam?

Joh 4:23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidder die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Selfverloëning - tersyde gestelde selfsugtige belange.

Luk 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

Eph 5:16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Heb 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;

Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

Kommentaar (moet hy homself verloën: laat hom aflê sondige self, goddeloosheid, en wêreldse begeerlikhede; en deel met dit, en sy voormalige sondige metgeselle, wat as 'n deel van homself was: laat hom aflê selfregverdigheid, en verloën al sy werke van selfregverdiging, in die denke dat dit redding bring; laat hom aflê die begeerte na plesier en winste van hierdie wêreld, want dit is in kompetisie met Christus; laat hom los en verdryf al sy idees en verwagtinge van 'n aardse koninkryk, en wêreldse prag en dink aan niks anders as om te verloën, ter wille van die Here)

Heb 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;

Heb 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

Vergeet wat agter is.

Fil 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Soek die Here – Maak tyd – Bid – Woord,

Mat 7:7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Mat 7:8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Mat 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;

Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?

Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

Lofprysing

1Kr 16:4 Dawid, En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:

Psa 33:2 Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

Psa 34:2 Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

Wees in alles dankbaar – Onvergenoegdheid is afgodediens – Hebsug ek heb en sug vir nog.

1Thes 5:18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Blus die Gees nie uit nie -

1Thes 5:19 Blus die Gees nie uit nie. Ef 4:30 En bedroef(Grief)(grieve), vuil woorde, dwars, beterweterig, eie begeertes, uitpas, ongehoorsaam, luiheid) nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Gees van nederigheid

1Thes 5:14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.

Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Est 6:6 Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?

1Ko 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page