top of page

Die ou- en die nuwe verbond


Lees Johannes 3:16-21. Lees God se hart om die wêreld te red. Sy passie is dat mense nie moet verlore gaan nie.

Wat is die een woord wat die Bybel vir ons oopsluit?

Een is koninkryk – Ou Testament was dit die koninkryk wan Israel en die nuwe Testament is dit die Koninkryk van God.

Maar as daardie een woord is die VERBOND!

Twee vrae

1. Hoeveel verbonde is daar in die Bybel?

2. Hoeveel van hulle beïnvloed my as ‘n Christen?

Sommige sê daar is 1, 2, 3, 5, 6, 7 ens.

Wat is ‘n verbond, - dit is ‘n bindende ooreenkoms tussen twee partye.

Ons ken nie eintlik meer verbonde nie, net kontrakte, soos besigheid kontrakte ens.

Maar daar is ‘n GROOT verskil tussen die twee.

Een ding wat jy verseker nie kan doen nie, is om ‘n kontrak met God aan te gaan nie. Baie mense probeer wegkom met ‘n ooreenkoms met God.

Soos bv. Ek sal dit doen as U dit doen – Dis ‘n kontrak. Bv. As U my genees sal ek U dien vir die res van my lewe.

In ‘n kontrak is die sleutel dat - elke party het iets wat die ander party nodig het en dan moet jy ‘n ooreenkoms bereik rondom dit. Dus begin jy onderhandel. Bv. Ek het my vaardighede om ‘n werk te kan doen en die ander persoon benodig die vaardighede en is bereid om daarvoor te betaal.

Daar is een belangrike ding wat ons moet verstaan van ‘n kontrak – en dit is: As die een party in die kontrak nie sy deel kan nakom nie, word die ander persoon vrygemaak van die kontrak.

Daar is dinge soos vrede-ooreenkomste wat onderhandel word deur twee partye en geteken word. Byvoorbeeld tussen lande wat oorlog gemaak het.

‘n Kontrak is bilateraal – albei partye kan onderhandel.

‘n Verbond is eensydig. Dit word deur een party opgestel en onderhandel, omdat daardie party in ‘n sterker posisie is as die ander. ‘n Verbond is altyd tussen iemand wat sterker is en iemand wat swakker is.

Die sterker party bepaal al die terme en voorwaardes – omdat hy sterker is. Al wat die swakker party kan doen is om dit te aanvaar of nie.

As die een party nie die voorwaardes na kom nie, bly die verbond nog bindend tensy die verbond voorwaardelik is. ‘n Verbond kan voorwaardelik wees, maar gewoonlik is dit nie.

Al verbreek die swakker party die verbond, word die sterker party nog verbind tot die verbond, as dit ‘n onvoorwaardelike verbond is.

So wanneer ons kyk na ‘n verbond in die Bybel moet jy eerste vra of dit voorwaardelik of onvoorwaardelik is.

Om te sien of ons sover verstaan – hier is ‘n eenvoudige vraag. Glo julle die huwelik is ‘n kontrak of ‘n verbond?

Die waarheid is dat God die huwelik bedoel het as ‘n verbond, maar in ons samelewing raak dit nou net ‘n kontrak. Die meeste huwelike vandag is kontrakte tussen twee partye wat onderhandel vir wat hulle wil hê van die ander, dis hoekom daar so baie egskeidings.

Selfs al breek die een party in die verbond hul gedeeltes, bly die ander party getrou aan die verbond se beloftes.

Die huwelik was nooit in die geskiedenis ‘n kontrak nie. Die sterker party die man – kom en vra vir die vrou om te trou. Die pa van die bruid gee haar weg en sy aanvaar die man se van, want hy is die sterker van die twee partye.

Daar is nog gedeeltes van dit wat gesien kan word in die Westerse huwelike, maar in die meerderheid van die huwelike is dit nou net kontrakte.

Of wat van jou Testament – dit is dieselfde woord as verbond. Jy is die sterkste party wat jy kan ooreenkom. Jy besluit as die sterkste party wat sal gebeur met jou geld of eiendom.

1. Ons God is ‘n verbond makende God. Dink net dat God Hom wat alles gemaak het, hom verbind tot ons. Vrywillig! Die Bybel is die getuienis wat bewys dat God ‘n verbond met ons gemaak het.

Hy het ‘n testament met ons gemaak sodat ons sy erfgename kan wees.

Dink dat God mense trou. Isak Abram en Jakob. Hy het met hulle as Vrou gevat. Hy neem ook hul name. Ek is die God van Abram Isak en Jakob.

Op die berg Sinaï neem gaan in verbond met Israel Trou met hulle. En Hy sal vir altyd die Heilige God van Israel genoem word.

En toe Israel die verbond verbreek?

Dink aan Hosea en die prostituut.

Nie al die kinders sal joune wees nie. Gaan haal haar op straat betaal die “PIMP” en dissiplineer haar en sorg vir haar.

2. God is ‘n God wat verbonde hou. As God ‘n belofte maak, sal Hy dit nooit verbreek nie. Ek sal – sê God so baie keer in die Woord.

Die vraag is nie eintlik of ons is God glo nie, maar in watter tipe God glo ons?

God is nie net ‘n verbond makende God nie, maar ook ‘n verbond houdende God.

Hoeveel verbonde het God gemaak. 5 maar net 4 beïnvloed ons. Die een is suiwer vir die Jode en nie vir ons nie.

Verbond met Noag – God was jammer dat Hy die mens gemaak het – dis baie hartseer.

God belowe om nie die mense te vernietig nie – God sê, as EK die reënboog sien sal Ek my belofte onthou.

God doen dit, want HY wil ‘n familie hê. Die Noag verbond is onvoorwaardelik.

Ps 50:12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.

1. Noag verbond.

2. Abraham se verbond.

3. Moses se verbond - Ou Verbond.

4. Die verbond met Dawid.

5. Messias Verbond – Nuwe Verbond.

Net een van verbonde is nie van ons op toepassing nie maar die ander Vier bly vir ons en ons moet die ou testament ook lees om dit te verstaan. Dis vir my so hartseer as mense nie die ou testament wil lees nie. Selfs twee derdes van die nuwe testament kom direk uit die ou testament.

Ons moet leer om dankie te sê vir alles wat ons ontvang van God – Dit is groot sonde om nie dankbaar te wees nie.

Ons moet so dankbaar wees vir wat God vir ons gedoen het en nou nog doen. Dink net dat ons deur Sy offer direk in die allerheiligste van God kan kom. Nie net een keer per jaar nie, aar persoonlik elke keer as ons Sy naam aanroep.

Die kontraste tussen die Ou- en Nuwe Verbonde bewys dat hulle verskillende verbonde is.

Hulle is met verskillende doele gemaak is en is ook vir verskillende tye van krag.

1. Die een is genoem “die eerste verbond” en die tweede word die “tweede verbond” genoem. (Heb 8:7; Heb 9:1-18; Heb 10:1-9).

2. Die eerste word genoem “die ou verbond” en die tweede word genoem die “nuwe verbond” (Matt 26:28; 2 kor 3; Heb 8:13).

3. Die eerste verbond was gegee deur Moses en die tweede deur Jesus Christus (John 1:17; Gal 3:19; Heb 9:15; Matt 26:28).

4. Die een is die “wet van Moses” en die ander “die wet van Christus” (Handelinge 13:39, Gal 6:2).

5. Die een is “die wet van die sonde” en die ander “die wet van geregtigheid” (Rom 7:7-25; Rom 8:1-4; Rom 9:31).

6. Die een is die wet van “die vlees” en die ander is die “wet van die Gees” (Rom 7:5-6; Rom 8:1-4; Gal 5:16-26).

7. Een is “nie deur geloof” en die ander is “die wet van geloof” (Gal 3:12; Rom 3:27).

8. Die een is die “juk van slawerny” en die ander “wet van vryheid” (Gal 5:1 (kyk ook Nuwe vertaling); Jakobus 1:18-25).

9. Die een is tot ‘n einde gebring deur Christus (Rom 10:4; 2 Kor 3:14; Heb 10:9), die ander is ingestel deur Christus (Heb 8:6; Heb 9:15; Heb 10:9; 2 Kor 3:6-18; Matt 26:28)

10. Die een het dood gebring en die ander lewe (2 Kor 3:6-18; Rom 8:1-4; Gal 3:21; Heb 9:15; Heb 10:1-18).

11. Die een maak jou skuldig (Rom 3:19-20), die ander maak ons regverdig nie skuldig nie (Hand 13:39; Rom 3:21-31; Rom 5:1-11).

12. Die een is ‘n “skaduwee van dinge wat moet kom”, die ander is die werklikheid (Kol 2:14-17; Heb 10:1-18)

13. Die een is “vervul” of voltooi, die ander is nog steeds van krag (Matt 5:17-18; 2 Kor 3:6-18, Heb 10:9).

14. Die een vereis geregtigheid, die ander gee geregtigheid (Rom 8:1-4; Gal 3:1-29; Gal 5:1-26).

15. Die een het niks volkome (volmaak) gemaak nie, die ander het volkome gemaak (Heb 7:19).

16. Die een was heerlik (“glorious”), die ander was meer heerlik (2 Kor 3).

17. Die een was kragteloos om te verlos van sonde, die ander red ons volmaak van sonde. (Heb 7:11-28; Heb 8:7-13; Heb 9:9-28; Heb 10:1-18).

18. Die een het baie offers gehad, die ander het net een gehad (Heb 9:9-14; Heb 10:14; Rom 6:6-13).

19. Die een het ‘n veranderende priesterskap gehad, die ander het nie (Heb 7:23-28; Heb 4:14-16; Rom 8:34).

20. Die een het sonde onthou, die ander vergeet sonde (Heb 10:3; Heb 8:12; ens.).

21. Die een het ’n verteenwoordiger en ’n seisoenale toegang tot God gehad (Heb 9:7-10); die ander het ‘n persoonlike daaglikse toegang tot God (Heb 4:14-16; Heb 7:25; Heb 10:19-20; Eph 2:18).

22. Die een het ‘n sondige bediening gehad (Heb 5:1-4); die ander het ‘n sondelose bediening gehad (Heb 7:26-28; 2 Kor 3; 1 Joh 3:9).

23. Die een was gegee onder Levitiese priesterskap (Heb 7:11-12); die ander is gegee onder die huidige Melgisédek Priesterskap (Heb 6:20; Heb 7:11-21, 24).

24. Die een het ‘n aardse tabernakel diens van diere offers gehad (Heb 9:1-10); die ander het ‘n Hemelse tabernakel diens van geestelike redding (Heb 4:14-16; Heb 7:25; Heb 8:1-5; Heb 9:11-15)

25. Die een het ‘n sondige tussenganger (Gal 3:19); die ander het ‘n sondelose tussenganger (1 Tim 2:5; Heb 7:26; 1 Peter 2:22).

26. Die een het nie ‘n ewigheids erfenis nie (Rom 4:13); die ander het ‘n ewigheids erfenis (Rom 8:17; Heb 9:15; 1 Petrus 1).

27. Die een was bekragtig deur diere bloed (Eks 29:1-8; Heb 9:16-22); die ander deur die bloed van Christus (Matt 26:28).

28. Die een was die wet van werke; die ander is die wet van genade (Joh 1:17; Rom 3:24-31; Gal 3:10-12; Efs 2:8-10).

29. Die een het straf (toorn) gebring (Rom 4:15); die ander het redding van straf (toorn) gebring (Rom 5:9; Gal 3:13-14).

30. Die een kon nie verlos nie; die ander kon (Gal 3:10-14; Rom 8:1-4; Efs 1:7; Kol 1:14; Heb 7:25).

31. Die een kon nie God se voorwaardes bevredig nie; die ander een het (Gal 2:21; Heb 7:22; Heb 8:6; Heb 10:5-18).

32. Die een het voorsiening gemaak om wonderwerke te doen en die ander het die wonderwerke voorsien (1 Joh 5:8; Joh 14:12; Lukas 24:49).

33. Profesie voorspel die afskaffing van die een en die vestiging van die ander (Jes 51:4; Jer 31:33; Hand 3:22; Heb 8:7-13; Heb 10:4-18; Rom 11:25-29).

34. Die een het ‘n vleeslike teken van gehoorsaamheid gehad (Hand 7:8; Rom 2:25); die ander nie (Rom 4:11; 1 Kor 7:18).

35. Die een was te swak om sonde te oorwin; die ander het oorwinning oor die sonde (Rom 6:1-23; Rom 8:1-4; Efs 2:8-9; 1 Joh 5:1-18).

36. Die een was gegee om te verander (Heb 7:11-22; Heb 8:5-6; Heb 9:9-10; Heb 10:1-18; Gal 3:19-24); die ander is gegee om onveranderd te bly (Heb 7:22; Heb 8:6; Heb 10:9; Heb 13:20).


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page