top of page

LIG EN LEWE

Lig.png

Probleem met Christendom vandag – Wette en nie ‘n verhouding met ‘n persoon Jesus nie.


Hand 11:26 En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.

Dissipels:

Leerling en volgeling, Dissipels van Johannes die doper en ook van Jesus. Iemand wat ‘n persoon volg en opgelei word. Jesus se dissipels later na vervulling van die Heilige Gees Apostels genome. Apostel – gestuurde vir ‘n spesifieke doel.

2Kor 12:12 Die kentekens tog van ‘n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.

Kerk is nie veronderstel om ‘n plek van handel te wees nie, maar van Aanbidding, Geestelike Wonders en kragtige ingrypings van God.

Ef 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

Ef 2:20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

Ef 2:21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,

Ef 2:22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

Here wil hê ons moet geestelik aan die gang kom

Daarom het Hy sy Heilige Gees gestuur om mense te versterk en krag te gee om aan te gaan in die wêreld en ambassadeurs vir Hom te wees.

Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Vrou by put

Joh 4:23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Ons is ambassadeurs van die Hemelse Jerusalem:

Ambassadeur – Iemand wat sy land verteenwoordig in ‘n ander land. Voorbeeld van ‘n top burger van ‘n land om sy land te propageer en die mense te wys hoe sy land se mense is. Hy gaan vertel hulle meer van sy land en leef as voorbeeld van sy kultuur en gewoontes om hulle in te lig oor sy land se doen en late. Raak ook betrokke waar hy kan om te help om die land op te bou en verbeter.

Ons is volgelinge van ‘n persoon Jesus Christus

Sy bron is onuitputlik -

Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Die Here het ons geroep om ‘n verskil te maak

Verskil word gemaak waar mense dit nodig het – behoeftiges

  1. Jesus stad Nain – Luk 7:11-17 Weduwee se enigste seun oorlede.

  2. Bartomeues blinde man

  3. Hand 3:1-8 Petrus en Johannes by skone poort

  4. Hand Joh 9:1-41 Met die stomme mannetjie en sy familie aangegaan


Onlangse krabbels
Argiewe
bottom of page